Collection: Local Artists: Stella Bruwer

Ek is in 1964 in Walvisbaai, Namibië gebore – ‘n pragtige plek vol kontras. Ek het grootgeword in ‘n liefdevolle huis met sterk Christelike waardes, en musiek was deel van ons daaglikse lewe. Ons het ook tyd op ‘n plaas in die Karibib-distrik deurgebring, waar ek my liefde vir natuur en stilte ontdek het.

Ek het van kleins af graag geskets, en sommige van my werk is al op laerskool by die Windhoek Skou uitgestal. Ná matriek het ek Interieure Ontwerp studeer, en later vir byna tien jaar in die bankwese gewerk. In 1995 het ek Kaap toe verhuis, en begin om my kuns ernstig op te neem. Wat as ‘n stokperdjie begin het, het uiteindelik ‘n lewenspad geword.

Sedert 2002 skilder ek voltyds sonder formele opleiding. Ek gebruik meestal akrielverf en werk met ‘n verskeidenheid temas. Deur die ondersteuning van my lewensmaat het ek begin uitstal aan die Weskus en uiteindelik my eie winkel en gallery in St. Helenabaai oopgemaak. Vandag leef ek my passie voluit – elke nuwe dag bring nuwe inspirasie.

Stella Bruwer Art
Motto: Elke nuwe dag kan 'n wonderwerk bring. Loop jou pad met jou eie skoene.

Local Artists: Stella Bruwer

Filter:

Size
0 selected Reset

261 products

Filter and sort

Filter and sort

261 products

Size

261 products